Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 31 JULIE 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

SARL SPESIALE ALGEMENE VERGADERING

SARL HF KOMPETISIES

RADIO ZS

NUWE TRANSATLANTIESE TOETSE TUSSEN NAMIBIë & BRASILIë IN AUGUSTUS

TERWYL DIE HF BANDE DOOD IS, IS BHF SPRING LEWENDIG

AMSAT SA ONTWIKKEL PADKAART VIR SDR SATELLIET PROJEK

ZOELOELAND AMATEUR RADIO KLUB JAAREIND VERGADERING

en

HF VOORTPLANTINGVOORSPELLING

** Die SGM het om 10:00 begin met 179 members teenwoordig en met volmag, 172 lede was nodig vir ‘n kworum. Etienne, ZS6EFN, was verkies as voorsitter van die vergadering.

Shane, ZS6ZSB, het die finansiële verslag beskikbaar op die Liga se webtuiste voorgelê. Die verslae is goedgekeur met die voorsiening gemaak in die verslae. Die name van die nuwe raadslede is ook bekendgemaak.

Hans, ZS6AKV, en Johann, ZS1JM, het terugvoer gegee oor die Antenna Verdedegingsfonds en die vordering van die werk wat gedoen word. Tjerk, ZS6P, het ‘n verslag voorgelê oor die SARL Ere-galery.

By die eerste Raadsvergadering na die algemene vergadering is die volgende aanstellings gemaak:

President: Nico van Rensburg, ZS6QL
Visepresident: Chris Turner, ZS6GM
Sekretaris: Etienne Naude, ZS6EFN
Tesourier: Shane Bailey, ZS6ZSB
Lede: Dennis Green, ZS4BS
Paul van Spronsen, ZS1V
Rassie Erasmus, ZS1YT
Geoff Levey, ZS6C
Louw Erasmus, ZS6LME

** Op Sondag 7 Augustus tussen 13:00 en 16:30 UTC begin die Suid-Afrikaanse Radioliga se voorste HF Kompetisie reeks met die HF Foon kompetisie. Die doel van die HF Foon kompetisie is vir deelnemers om kontak te maak met soveel amateurs in Suider-Afrika as moontlik op spraak tussen 14 125 en 14 300 kHz, 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz en 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz. Jy kan deelneem as 'n enkel operateur enkelband stasie, 'n enkel operateur alle bande stasie, 'n multi-operateur enkelband stasie of 'n multi-operateur alle bande stasie.

Die uitruiling is 'n RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Multi-operateur stasies moet die Algemene Reëls, Reël 5.(c) lees. Foon kontakte tel 1 punt. Tel twee punte vir elke roepgebied gewerk op elke band en tel 2 punte vir elke stasie gekontak op al drie bande.

Stuur jou log in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein HF Foon", teen 14 Augustus 2016 aan e-pos zs4bfn@mweb.co.za. Moenie enige ander e-pos adres gebruik nie. Sertifikate word toegeken aan die eerste drie plekke en die hoogste enkele groep telling in die wedstryd, asook die Silent Keys Memorial Trofee ESB en die Joseph White-trofee.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga JD Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om Vrouedag tussen radioamateurs in Suid-Afrika te vier. Roep "JD Naelloop" op 9 Augustus 2016 tussen 09:00 en 10:00 UTC. Dit is 'n foon naelloop met aktiwiteit tussen 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz en die uitruiling is 'n RS-verslag en JD of OM.

Kontak tussen JD stasies is 5 punte werd. Kontak tussen JD en OM-stasies is 3 punte werd en kontakte tussen OM-stasies is 1 punt werd. Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein JD Naelloop", moet teen 16 Augustus 2016 ingedien word per e-pos aan zs4bfn@mweb.co.za.

Kry al die inligting in die 2016 Blouboek vir beide kompetisies.

** Nuwe trofeë vir die SARL HF Kompetisie reeks. Die Kompetisie Komitee wil twee nuwe trofeë beskikbaar maak vir die SARL HF Kompetisie reeks. Die kriteria vir die eerste trofee is dat dit toegeken sal word aan die JD wat die hoogste telling in die drie HF Kompetisies behaal en vir die tweede trofee, dat dit sal toegeken word aan die jong persoon wat die hoogste telling in die drie HF Kompetisies behaal. Is daar iemand wat so 'n trofee wil borg? Kontak asseblief vir Dennis, ZS4BS, by zs4bfn@mweb.co.za.

** Die 48-bladsy Augustus uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die Slegs Lede afdeling van die Liga se werbwerf. Chris, ZS6EZ, neem ons op 'n reis na die Verre Ooste in die 9M0Z Storie (daar is 'n URL na 'n Engelse kopie van die artikel). Henry, ZS1AAW, en Kevin, ZS6KMD, bied jou 'n aantal projekte om aan te werk in die winteraande en Kevin gee 'n oorsig van die mcHF SDR Send/Ontvanger. Lees meer oor die Russiese Houtkapper en vind meer uit oor Spioenasie Radiostelle. Dit en nog baie meer in die Augustus uitgawe.

** Pieter Jacobs, V51PJ, in Namibië en Marcos Jose Da Silva Almeida, PY1MHZ, in Brasilië sal ‘n daaglikse kontakskedule handhaaf gedurende Augustus 2016 en probeer om die eerste twee-rigting kontak oor die Atlantiese Oseaan te maak op 144 MHz. Pieter is toegerus met ‘n 2 x 13 element stapel Yagi en 1,2 kilowatt uitsetkrag, terwyl Marcos ‘n 43 element horisontale Yagi by sy vakansiehuis by die see gebruik. Pieter sê hulle is van plan om toetse uit te voer teen sonsopkoms in Namibië en weer teen sonsondergang in Brasilië wanneer koue lug oor die Atlantiese Oseaan Tropo Geleiding bevorder. Blykbaar sal talle amateurs op die Suid Amerikaanse ooskus die seine monitor en ook amateurs op die Suid Afrikaanse weskus tot so ver as Kaapstad. Die oorbrugging van die Atlantiese Oseaan is al talle keer probeer, maar sonder sukses en die Brendan Trofee wag nou al jare lank in Belfast vir die eerste amateurs wat dit regkry!

** Carl Minne, ZS6CBQ, van Krugersdorp rapporteer dat terwyl die HF bande dood is vanweë swak voortplanting, is BHF springlewendig. Hy kon gedurende die week elke aand om 19:30 SAT op 144,300 MHz met die volgende stasies kontak maak: ZS6BUN, ZR6CMG, ZS6QTF, ZS6CBQ, ZS6UB, ZS6BSB en Keith ZS6TW Vrydagaand. Probeer asseblief op hierdie frekwensie roep indien jy in die Gauteng area is en jy niks op HF hoor nie.

Saterdag- en Sondagoggende konsentreer ons om die veraf stasies te kontak: Rickus ZS4A in Bethlehem, Pierre ZS4PF in Welkom, ZR4MF Michael in Bloemfontein, asook stasies van Kriel, Secunda, Ermelo en Phalaborwa. Rickus rapporteer ook dat hy besig is om ‘n paar stasies te help om antennas te bou en ons behoort binnekort meer stasies van Divisie 4 op die lug te hoor.

"Hierdie Sondagoggend 24 Julie het ek Pieter ZS4PAW in Koppies gewerk met ‘n Slim Jim met seinverslae van 5/1 to 5/5, bandtoestande was nie baie goed nie. Pieter het amper ‘n horisontale Yagi voltooi, en ons hoop om hom 5/9 te hoor in die nabye toekoms. Quintin ZS6QTH by Onderstepoort het ook kontak gemaak met ZS4A, maar toestande was net te swak vir Jaco ZR6CMG om die kontak te log. Pierre ZS4PF van Welkom was 5/9 in Krugersdorp, hy het Rickus gelog en was ook in Pretoria deur Jaco en Quintin gehoor, maar die vinnige en diep QSB van Tropo Verstrooïng het hom nie toegelaat om ‘n kontak te maak nie. Kom deel in die pret oor naweke en ook gedurende die week."

** Gedurende die eerste AMSAT SA SDR gesprek het die deelnemers verskeie aspekte bespreek om die transponders op toekomstige satelliet sendings na Sagteware Gedefiniëerde Radio te verander. Die eerste stap is om ‘n padkaart te ontwikkel. Die eerste padkaart voorleggings sal tydens die groep se volgende Skype gesprek op Woensdag 10 Augustus om 20:30 bespreek word. Die groep werk ook tans aan ‘n platform om inligting te deel. Besoek www.amsatsa.org.za vir meer inligting oor hoe om ‘n AMSAT SA lid te word en by die SDR gesprek aan te sluit.

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van die volgende persone:

ZS6XK John Hilton
ZS6AQW Evert van der Horst
ZS6LCC Lodewyk Pieterse
ZSL1166 Gerhard Brand Fourie

Enige besware teen die aanvaarding van die aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Tot nou het die Liga 1194 bevestigde lede vir die volgende termyn; daar is nog baie hernuwings uitstaande. As jy nog nie jou lidmaatskap hernu het nie, doen dit nou. Aan die einde van Augustus sal jy ophou om 'n lid te wees as jy nie hernu het nie. Drie en dertig klubs het reeds hul affiliasie hernu.

** Gedurende die Jaareind vergadering van die Zoeloeland Amateur Radio Klub, wat op 24 Julie 2016 te Tattenham plaasgevind het, is die volgende komitee lede verkies:

Voorsitter: Warren Snyders ZS5WOZ
Ondervoorsitter: Gerald Scrooby ZS5GS
Tesourier: Willie Axford ZS5WI
Sekretaresse: Dawn Snyders ZS5ME

Lede: Jo Snyders ZS5PO (Redakteur)

Ons wens hulle sterkte toe gedurende hul termyn van diens en bedank die uittredende lede vir hul harde werk gedurende hul termyn van diens.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie.

Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 5 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20m band verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

30 en 31 Julie – RSGB IOTA Kompetisie
7 Augustus – SARL HF Foon Kompetisie
9 Augustus – SARL JD Naelloop
13 en 14 Augustus – Internasionale Ligtoring en Ligskip Naweek
14 Augustus – SARL Jeug Net
21 Augustus – SARL HF Digitale Kompetisie
28 Augustus – SARL HF CW Kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: By die eerste Raadsvergadering na die algemene vergadering is die volgende aanstellings gemaak:
President: Nico van Rensburg, ZS6QL
Visepresident: Chris Turner, ZS6GM
Sekretaris: Etienne Naude, ZS6EFN
Tesourier: Shane Bailey, ZS6ZSB
Lede: Dennis Green, ZS4BS
Paul van Spronsen, ZS1V
Rassie Erasmus, ZS1YT
Geoff Levey, ZS6C
Louw Erasmus, ZS6LME

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003